Moderators: Essie73, NadjaNadja, Muiz, Telpeva, ynskek, Ladybird, Polly
Citaat:Klankgrens
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
Spring na: navigasie, soek
VSA Vloot F/A-18 teen transsoniese spoed. Die wolk is as gevolg van die Prandtl-Glauert Singulariteit.
Vergroot
VSA Vloot F/A-18 teen transsoniese spoed. Die wolk is as gevolg van die Prandtl-Glauert Singulariteit.
In aërodinamika neem die hoeveelheid energie wat nodig is om 'n groot voorwerp te versnel (in 'n medium soos lug) aansienlik toe hoe nader die voorwerp se spoed kom aan dié van die spoed van klank (in daardie medium). Die spoed van klank is dus 'n skynbare grens of limiet wat moeilik is om verby te kom.
Die woord klankgrens het tydens die Tweede Wêreldoorlog in algemene gebruik gekom toe 'n groot aantal vliegtuie vir die eerste keer naby die klankgrens begin vlieg het en allerlei probleme begin ondervind het. Die woord word nie meer baie gebruik sedert die 1950's nie, aangesien vliegtuie toe gereeld begin slaag het om vinniger as klank te vlieg. In idiomatiese spraak, "breek" hulle deur die klankgrens.
Soos 'n vliegtuig al vinniger vlieg en die spoed van klank nader, verander die vloei van lug oor die vliegtuig se oppervlaktes, en verander die lug in 'n saamgeperste vloeistof. Die lugweerstand skiet dan die hoogte in en kan beter beskryf word as golfweerstand.
Suzanne_k schreef:hoe kom je aan dat verhaal lijkt me wel leuk om te lezen.